Ouwe jongens

Het rapport van ons bezoek aan Belhar, Delft, Leiden en Wesbank is nog in de concept-fase. De gespreksverslagen moeten natuurlijk met de betrokkenen gecheckt worden.

Wat wel vaststaat, is het slot van ons verslag.

kerkleden in Wesbank
lidmate in Wesbank

Dit was vir ons as visitatore ‘n verrykende ervaring om op voetsoolvlak met die sending op die Kaapse Vlakte kennis te maak.

Alle gesprekke – met kerkrade, GSK, lidmate en sendelinge – was opreg en openhartig. By almal het ons ‘n liefde vir die uitbreiding van die evangelie geproe.

Wat ons in die besonder getref het by almal op die Kaapse Vlakte, was die wil om self die werk aan te pak. Dit gaan saam met die kinderlike vertroue op die Here, dat Hy die moontlikhede en die gawes sal skenk om dit te kan doen. “Ons kan dit doen, want ons kyk op!”

P1060892
mister Raymund / oom Frits

Wat hierdie visitasiespan so besonder maak, is dat albei visitatore betrokke was by die besinning oor die doel van die evangelisasiewerk op die Kaapse Vlakte so ver terug soos Februarie 1984. Toe is die besluit geneem is om met eredienste in Belhar self te begin.

Tydens daardie beraad is die doelstelling van die evangelisasiewerk soos volg geformuleer :

Die doelstelling van die evangelieverkondiging in Belhar is om die Woord uit te dra, sodat deur die werking van die Heilige Gees, ‘n selfstandige Vrye Gereformeerde Kerk in Belhar tot stand kom. (…)

As die groeiproses na selfregering sigbaar word, sal die taak van die sendingwerkers verskuif van leidinggewend na ondersteunend en raadgewend.

En dit is wat ‘n mens tans sien gebeur. Daar is sinds 1984 ‘n mooi groei in die werk:

–          van sendingouderlinge uit die VGK Kaapstad (Raimond en Van der Linden)

–          na Nederlandse werkers (Griffioen en Van ‘t Foort)

–          na Afrikaanse sendelinge (Breytenbach en Nicholson)

–          na inheemse werkers (Abrahams en Van Wyk met Arends)

Inheemse mense gee nou leiding aan die werk en voer dit uit. Tegelyk is daar geleentheid om die kundigheid wat die Here in ‘n gemeente langsaan die sendingveld gegee het, te gebruik om raad te gee en te ondersteun.

God se lig skyn oor die Kaapse Vlakte
God se lig skyn oor die Kaapse Vlakte

Mag die Here die werk seën sodat baie mense wat tans nog sonder God lewe, tot geloof sal kom in ons Verlosser Jesus Christus.

Tjeerd de Boer

Frits Raimond

Advertenties

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s