Die vreugde van Kersfees

Kerstyd is feestyd. ‘n Festive season waarin ons saam eet en drink. Ook ‘n tyd dat daar heel wat gesing word. Die kinders sing by die skool. Die koor hou konsert. Selfs in die winkels klink die Christmas carols.

Een van die bekendste daarvan is Joy to the world. Toegeskryf aan Isaac Watts in 1719. En in heelwat tale vertaal. U ken seker almal die Afrikaanse weergawe. Gesang 201:

Lofsing die Heer, buig voor Hom neer;

bewys aan Hom die eer.

Laat elke mond

Hom loof en prys

en Hom erken as Heer …

scan0002Om eerlik te wees, ek is self bietjie keelvol vir dié wysie. Maar dit kom omdat ons dit in Mamelodi dwarsdeur die jaar sing. Jy kan ook moeg raak vir sekere tunes.

Maar die woorde van die lied is pragtig. Dit roep jou op om bly te wees. Mens herken in dié gesang maklik Psalm 98:

Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!

Die see en die aarde, die riviere en die berge moet saam juig!

Maar wat nou as jy glad nie dié vreugde voel nie?

Dit is duidelik dat die kersverhale in die Bybel vol van vreugde is. Onthou wat sê die engel vir die herders:

Ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.

Die geboorte van Jesus is goeie nuus vir die hele volk. Wees vrolik, juig en sing!

Maar sê nou maar jy is ‘n weduwee. Jou man het afgesterf. Jy is eensaam. Jy het g’n werk nie. Daar is nie eers geld om vir jou kinders ‘n geskenkie te koop of om jou familie te onthaal nie. Geen blydskap vir jou nie.

Tog roep die Bybel jou daartoe op:

Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal dit: Wees bly!

Kom ons luister sorgvuldig na die Bybel om in dié vreugde te kan deel. Sodat jy kan saamsing: Joy to the world!

Kerststal

Ons begin in die ou testament. Psalm 98. Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here.

concentrische_cirkelPsalm 98 lyk soos ‘n konsentriese sirkel. Al hoe meer mense stem in met hierdie nuwe lied. Hulle maak musiek. Tot eer van die Here. Join in the joy!

Dit laat my dink aan ‘n klomp kinders op die speelveld by die Johannes Calvynskool. Hulle speel speletjies.

Dit begin dalk met 2 of 3. Maar al hoe meer kinders kom daarby. “Kan ek saamspeel?” Die kring word al hoe wyer.

In die middelpunt van die sirkel is die volk Israel. Hulle vier die groot dinge wat die Here aan hulle gedoen het. Vers 3: hy het sy liefde en sy trou aan hulle herbevestig.

Om hulle staan ‘n groep wat staan en kyk: die ander volke, die nasies. Weereens vers 3: die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het, al die eindes van die aarde.

Maar dan gebeur iets wonderliks. Hulle bly nie net staan en kyk nie. Die nasies join in Israel se joy. Die toeskouers gaan saam sing. Juig tot eer van God, almal op aarde. Aan die nasies het die Here sy oorwinning bekend gemaak.

So die sirkel word wyer getrek. Israel en die nasies. Ja, selfs die hele skepping word in die kring ingetrek. Alles en almal gaan sing en dans en in hulle hande klap. Verse 7 en 8:

Bruis en druis, jy see! Juig aarde! Klap in die hande, julle riviere! Let heaven and nature sing!

Daar is vreugde by die hemelse engele.

Daar is vreugde op aarde.

Hoe kan daar dan nie vreugde by my en by ons wees nie?

Maar hoekom moet ons bly wees? Want hy het wonders gedoen, vers 1. Magtige dade.

Die psalm praat oor God se oorwinning. Hy het gedink aan sy goedertierenheid. Gedoen wat hy beloof het. God het sy volk gered. Sy liefde en sy trou herbevestig aan Israel. Ons prys sy reg en sy geregtigheid.

Kom ons verbind dit vandag aan die Kersfees. Die nuwe testament.

Desember is the festive season. Ons is bly oor die koms van Jesus Christus in die wêreld. Sy geboorte is die goeie nuus wat vir die hele volk groot vreugde sal bring. In Betlehem is die redder gebore!

TOX-bannerDit is baie meer as ‘n jingle in Pick n Pay. Christmas joy is Christian joy.  Juig, die redder is daar. Joy to the world – the Lord has come!

Kersfees is ‘n hoogtepunt vanweë Jesus. Joy to the earth – the Saviour reigns! Laat almal saam Hom eer betoon en voor hul koning buig.

Sonder Christus sal jy die ware vreugde van dié feestyd mis. Lekker eet en drink. Geskenke gee en ontvang. Ja maar sien jy die wonders van God raak? Sy magtige dade.

Soos die Nederlandse poster gesê het: “Met Jezus heb je pas een kerst man.”

 2667-2665-thickbox

Hierdie hele wêreld is aangetas deur die sonde. Besoedeling van lug en grond en water. Stroop van renosters. Maar as hy kom, juig die berge en klap die riviere hande. Jesus het gekom om sy skepping te bevry.

Die volke van hierdie wêreld – die nasies – ly onder die selfde sonde. Ons het dit ook in 2012 gesien. Sirië. Mali. Palestina. Daar is net een wat hulle kan bevry. Hy wat gekom het om alle nasies van sonde te red.

Dit is wat Paulus vir die kerk in Filippi skryf:

Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly in die Here !

Ja, daar gebeur genoeg om besorg te wees en bang te word. Maar die Here is naby. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Rejoice in the Lord. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here — dit is julle beskutting.

scan0001

Dit is dus die groot vraag: is jy in die Here? Ken jy die regte Kersvreugde? Wat is dit wat Desember vir jou tot ‘n feestyd maak?

As jy die mense om jou vra, kan jy heelwat antwoorde kry.

  • Ek is bly met my dertiende tjek.
  • Ek het my matriek geslaag, nou kan ek darem medies gaan swot.
  • Ek is bly met my vakansie, dis lekker om te ontspan by die see.

itstheeconomystupid

Maar die regte vreugde in Christus is meer as dit.

Want jou grootste probleem is … wat? It’s not the economy, stupid. Dit is nie MIV en vigs nie. Dit is nie die reën of die droogte nie. Die nommer een probleem is sonde.

En daar is no solution without salvation. Juis om dié groot moeilikheid aan te pak het God se seun na hierdie wêreld toe gekom. Dit is wat die Kerstyd tot ‘n feestyd maak. Joy to the world!

Kersfees

En hierdie vreugde is vir jou. Luister na die engel in Lukas 2:

Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Kersfees is goeie nuus vir al die mense!

Elkeen van ons is ‘n sondaar. Niemand is daar wat goed doen nie, selfs geeneen nie. Maar deur Jesus Christus is daar vergewing van sondes en ewige vreugde vir elkeen van julle.

Wees altyd bly in die Here!

Nee, die lewe is nie maklik nie. Selfs God se kinders trek maar swaar. As jy deur so ‘n rowwe tyd gaan mag jy maar huil. Hoekom skaam wees oor jou trane? As selfs die Here Jesus gehuil het …

Maar die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Die Here het ‘n plan met jou. Wat ook al mag gebeur, hy sal jou nooit laat los nie.

Die regte vreugde kom nie van buite af nie – is jy gesond, is jy ryk? – maar van binne uit – Christus in jou.

geseende_kersfees_card-p137367422608428748z85p0_400

Ek wens u almal ‘n geseënde Kerstyd en ‘n nuwe jaar vol Christelike vreugde.

Advertenties

Een gedachte over “Die vreugde van Kersfees

  1. Wat een mooi verhaal, Tjeerd. Herkenbaar en ontroerend.
    Wij wensen jullie Gods zegen en nabijheid toe voor het nieuwe jaar.
    Tot ziens in Nederland. Of was het nou Holland? .>)

    Hartelijke groeten,
    Hans en Reiny.

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s