How to help without hurting

“Mag jou geld saam met jou vergaan!” Aan dié woorde van Petrus moes ek dink by die vergadering van die sendingkommissie waar ons die boek When Helping Hurts bespreek het. “Maar kan ons nie sonder geld in die sendingwerk regkom nie?” het iemand byna wanhopig uitgeroep. Geld kan baie goed doen. Maar dit kan ook ‘n pes wees.

Met die beste bedoeling kan jy iemand seermaak – hurt – deur hom te ‘help’.

Help my, ek het ‘n probleem!

  1. As ek vroegoggend met my hond gaan stap, vra een van die sluipslapers in die park my om geld vir die bus. “My ma in KwaMhlanga is dood!” – Wat moet ek doen?
  2. Die gemeente van Soshapius kan ‘n kerkperseel aankoop. Hulle is lankal op soek na ‘n eie plek van aanbidding. – Hoe moet die sending reageer?
  3. Die sendingspan voel dit is belangrik om ‘n kamp vir jong mans te reël, as ‘n tipe van inisiasie. Vanuit Nederland is projekgeld beskikbaar. – Hoe gaan ons dit aanpak?

Jy kan dié voorbeelde uit jou eie ondervinding aanvul. Daar is heelwat situasies waarin ons geld ‘n oplossing kan bied. Die Here seën ons met finansiële middele. Hy vra van ons om aan almal goed te doen, seker ook aan ‘die huisgenote van die geloof’. Maar … help ons hulle regtig?

Die bespreekte boek maak duidelik dat jy nie met geld alles kan fix nie. Want die werklike probleem gaan baie dieper as Rand en sent. Armoede laat jou magteloos voel. Geldgebrek lei tot gevoelens van skaamte en minderwaardigheid. When Helping Hurts bied ‘n holistiese Bybelse konsep.

Die mens is geskep na die beeld van God. Hy leef in 4 relasies: met God, sy medemens, die skepping en self. Die sonde versteur die hele bestaan. Christus het gekom om mense te herstel in alle fasette van die lewe.

Hierdie benadering – wat ek nou in vier sinne probeer opsom – gee ‘n ander kyk op mense in nood én op die hulp wat hulle werklik nodig het.

Basiese benadering

Die boek in bespreking is Bybels en sommer ook baie prakties. Die skrywers is nie bang om hulle eie foute te erken nie.  En ek moet sê dat dit my ook ‘n spieël voorgehou het.

  1. In 1991 het die sending ‘n pragtige kerk in Mamelodi gebou. Dit staan vandag steeds daar en dit bewys goeie dienste. Maar agterna sien ek dat die lidmate op geen enkele wyse betrek was by die beplanning, die uitvoering en die finansiering nie. Dit was ‘ons kerk vir hulle’. Daarmee het ons Mamelodi se lidmate tekort gedoen. Erger nog: ons het die gawes wat die heilige Gees vir hulle gee, verontagsaam.
  2. Toe die preekpunt in Soshanguve CC gesluit moes word, het ons moet erken: “Ons oes vandag wat ons self gesaai het. Met die beste bedoelinge het ons sendelinge die lidmate ‘gespoil’. Voorbeelde is diakonale ondersteuning, vervoer na die kerk, die beskikbaarheid van projekgeld, beurse vir leerders deur die Thusano fonds en kerkgeboue wat ‘die sending’ verskaf het.”
  3. In my gemeente in Amersfoort (Nederland) het ons drie maal per week kos gemaak vir die haweloses. Ons het dit vir hulle gedoen – en dit het ons sommer goed laat voel – maar ons het dit nie eers oorweeg om dié projek saam met hulle aan te pak nie.

Die bespreking van When Helping Hurts het ons ‘n klompie basiese beginsels geleer, wat jy op die mure van die sendingkommissie se vergaderplek sou moet plak. Om nooit te vergeet nie!

Ø  Relief, rehabilitation, development

Partykeer is daar ‘n noodsituasie waarin sommer dadelik hulp nodig is. Die sluipslaper in die park moet geld kry om huistoe te gaan. – Maar dikwels is dit beter [en moontlik] om te soek na ‘n ander tipe van hulp. Soos dikwels gesê word: Jy kan iemand ‘n vis gee, maar dit is beter om hom te leer visvang. Werk aan rehabilitasie en ontwikkeling, noem die boek dit. Dit kan natuurlik net gedoen word as mense relasies opbou en saam besin oor die probleem en die oplossing.

Ø  ABCD: Asset based community development

Ons begin gewoonlik by die node – needs – van die hulpvraer: Wat kan ek vir jou doen? Hoekom kan ons nie begin by hulle bates – assets – nie: Wat kan jy self doen? Hulp van buite moet nie te vroeg en te veel gegee word nie. Die lidmate van Soshapius is na die beeld van God geskep en kan self baie goed saamdink oor hulle kerk en kerkgebou. Ons maak hulle seer as ons te gou klaarstaan met ons donasies. En … ons maak onsself seer. WHH noem dit die god-kompleks. Eina!

Ø  Participation: doing for or doing with?

Die sendingkommissie het besluit om definitief afskeid te neem van die projekgelde. Kerke en skole in Nederland hou daarvan om vir ‘n konkrete doel te kollekteer. Dit skep verbondenheid: “Ons het die toilette by die kerk in F4 betaal!” – Maar die Nederlandse voelgoed aksie kan die gemeente in Suid-Afrika verlam. Eienaarskap is baie belangrik. Die bespreekte boek pleit vir partisipasie. Ook as daar hulp van buite kom – personele of finansiële hulp – moet ons oppas om nie dinge vir maar altyd saam met die mense te doen.

Lees en gebruik dié boek asseblief

Ek sou nog meer uit When Helping Hurts kon aanhaal. Of voorbeelde uit die praktyk. Maar ek sal liewer sien dat jy self in die spieël van dié boek gaan kyk.[*] Of vind meer inligting op die webwerf http://www.chalmers.org.

Die sendingkommissie het heelwat uit die bespreking geleer. Dit is my oortuiging dat dit ook nuttig kan wees vir die kosprojek, Khothatsong, Genadeplaas, Lesedi la Ditshaba en baie meer.


[*] Steve Corbett & Brian Fickert: When Helping Hurts. How to alleviate poverty without hurting the poor … and yourself. Moody Publishers, 2009.ISBN 978-0-8024-5705-9.

Advertenties

2 gedachtes over “How to help without hurting

  1. Hallo Tjeerd,

    het lijkt me boeiend om dit boek ook eens te lezen. Ik heb de mede ZZA leden al getipt.

    Zou hier ook in breder verband wel eens over door willen praten of mailen. Mijn dochter heeft 3 maanden in ZA bij Crossroads Adventures met 19 andere scholieren van het zgn. horizonjaar Menso Alting College daar locale projecten gedaan.

    maar de opzet was helemaal: jullie vragen en helpen de locale bevolking in Phuthadithjaba mee met wat zij willen. Ze moesten zelf alle contacten leggen en organiseren.

    Ze hebben daar ook volop geleerd de mensen te leren vissen met een hengel. Een unieke ervaring voor hen en ook voor ons als ouders.

    Zie meer in deze weblog en van de andere :
    http://daniellegroothuis.waarbenjij.nu/reisverslagen/381795/mijn-reis-naar-phuthaditjhaba/1

    http://harmenkasper.waarbenjij.nu/reisverslagen/387370/mijn-reis-naar-phuthaditjhaba/1

    http://aukelienafrika.waarbenjij.nu/reisverslagen/388200/zuid-afrika-avontuur/1

    http://annelies90.waarbenjij.nu/reisverslagen/378996/mijn-eerste-reis/1

    filmpje van hun werk :

    • @ Klaas

      Bedankt voor je uitgebreide reactie. Het lijkt me heel goed dat jullie bij ZZA dit boek ook lezen. Want het helpt niet veel als ZA voor een andere benadering kiest – b.v. inzake projecten – en NL kan dat niet meemaken. Hoewel, als jullie het verslag van de visitatie 2011 bespreken, …

      Leuk filmpje en mooie reisverslagen van Danielle c.s. Ik ga ze nog uitgebreid lezen.

      Het boek WHH heeft een heel interessant hoofdstuk over Short Term Missions (chapter 7). Deze uitspraak heb ik aangestreept:

      It is not about us. It is about them!
      It is not about us. It is about Him!

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s