Oupa van die kerkverband

30 Jaar as bedienaar van die Woord. ’n Lang tyd. As ’n mens self vorentoe kyk nadat jy net gekwalifiseer het vir ’n beroep, is 30 jaar vorentoe ’n leeftyd. As ’n mens egter terugkyk is 30 jaar eintlik maar ’n kort periode wat verby gesnel het. Self voel mens nie jy word ouer nie. Mens voel mos nooit oud nie.

Maar in die geval van ons gesin de Boer is 30 jaar iets om by stil te staan. Minder as 18 maande gelede het die Here ’n groot beproewing op hulle pad geplaas. ’n Brein tumor. U self maar ook ons het gedink dat u nie vir SA beskore was nie. Maar die Here het dit so gelei dat gesin de Boer tog na Suid Afrika kon kom, en vir ’n tweede maal in die sending werksaam kon kom wees.

Wie is Ds de Boer? Hy is gebore in 1954 in Enschede, naby die Duitse grens in Nederland. Broeder Tjeerd is in 1976 met Suster Mieke getroud, vir 32 jaar reeds. Hulle is geseën met 6 kinders, Annet, Minze, Erik, Betteco, Liesbeth en Hans. Die 4 jongstes is in Suid-Afrika gebore. Hulle eerste kleinkind, Tjeerd Jasper, is verlede jaar November gebore, en is die seun van Rik en Annet.

Ds Tjeerd het as 18 jarige teologie gaan studeer. Op xe2x80x99n jeugdige ouderdom van 24 is hy op 5 November 1978 bevestig as predikant in xe2x80x99n baie klein plekkie Aduard. Na drie jaar het Drachten hom beroep as sendeling vir SA. Na verdere studie in sending het hy in 1983 in SA aangekom en die sendingwerk in Mamelodi by Ds Agema oorgeneem.

1983 tot 1990 was ’n onstuimige tyd in SA, waar daar beperkings was op byeenkomste en baie politieke geweld in die lokasies voorgekom het. Optogte, halssnoermoorde was aan die orde van die dag. Maar die Here het al die sendelinge en medewerkers se lewens gespaar. Ds Tjeerd is wel eenkeer in Mamelodi aangerand, platgeslaan op ’n Sondag, in die skoolklaskamer waar kerkdienste gehou is. Ironies genoeg deur ’n blanke. ’n Verfkontrakteur wat nie sy verfskedule op die Sondag wou verander sodat die kerkdiens kon aangaan nie. Alhoewel ds Tjeerd behoorlik deurgeloop het, het die kerkdiens wel plaasgevind. Tot ontsteltenis van die verfkontrakteur.

In 1992 is die gesin de Boer terug na Nederland. Meppel en daarna Amersfoort. En in 2008 weer terug in Suid Afrika. Ds de Boer is oupa van Jasper Tjeerd, maar is ook ’n oupa in die kerkverband. U is een van die oudste werkende predikante in ons kerkverband. 30 Jaar ervaring. 30 Jaar wat die Here u gebruik het om hom op verskillende plekke te dien. Ons is saam met u dankbaar dat die Here julle gespaar het, kragte en geloof geskenk het om hierdie tyd vir Hom, ons Verlosser te werk.

Ds de Boer gebruik baie keer die afkorting TDB (hoofletters) onderaan artikels. Ek het eers gedink dit is die afkorting vir Tjeerd de Boer. Maar dit is bedoel as Tot Diens Bereid

Ons vertrou dat die Here vir Ds Tjeerd en Mieke nog lank wil gebruik in Sy diens. Ons bede is dat hy julle saam ook nog vele jare van gesondheid mag gee en om as bedienaar, as geroepene die Woord mag uitdra op die sendingsveld. Ons weet dat gesondheid in julle omstandighede relatief is maar dat julle altwee dit wat die Here gee, vir Sy eer wil gebruik.

P1010888

[Toespraak van Harry Pouwels, voorzitter Maranata sendingkommissie, op zondag 1 maart.]

Advertenties

2 gedachtes over “Oupa van die kerkverband

  1. Ha Ds Tjeerd, Wat een mooie toespraak ouwe, u weet het wel he? Het is Tjeerd Jasper natuurlijk (de belangrijkste naam voorop), Groetjes Annet

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s