Ken jou tale

Kennis van Sotho of Zulu geeft je als zendeling voordelen. Je komt makkelijker bij mensen binnen. Daar moest ik aan denken bij dit bizarre bericht in de krant van gisteren.

Mosselbaai. – “Dit was seker die Here se manier om te sê ek moes nie verder ry nie.”

Dit was die woorde van die sanger Dozi (Henk Opperman, 41) nadat hy eergisteraand gearresteer is en die nag in die polisieselle deurgebring het.

Hy het die volgende oggend vir die polisie die ‘Onse Vader’ in Zoeloe gesing voordat hy kon huis toe gaan.

Dozi Kapt. Malcolm Pojie van die Suid-Kaapse polisie het bevestig ’n saak van dronkbestuur word ondersoek nadat die bestuurder van ’n voertuig omstreeks 23:40 in Fourieweg in Mosselbaai aangekeer is.

“Die vermoede bestaan dat die alkoholvlak in die bestuurder se bloed die wettige toegelate perk oorskry ”

Pojie wou nie bevestig dit is Dozi wat in hegtenis geneem is nie omdat die persoon nog op 2 April in die hof moet verskyn.

Volgens Dozi se woordvoerder, me. Ilza Roggeband, was Dozi alleen in sy motor op pad terug huis toe na ‘n ete saam met sy familie toe hy by ’n oranje verkeerslig gekom het.

“Dit was ’n stil gebied en hy het besluit om eerder te ry. Die lig was egter rooi toe hy oorgery het. Hy is afgetrek en volgens die een polisiebeampte was hy arrogant, hoewel Dozi sê hy het net aan hulle probeer verduidelik hoekom hy nie gestop het nie.”

Roggeband sê Dozi is na die polisiekantoor geneem, waar hy die nag deurgebring het.

“Hy is vanoggend (gister) vroeg deur een van die bevelvoerders gehaal en het saam met die res van die personeel van die stasie Skriflesing en gebed gehou.

Dozi het ook vir hulle sonder begeleiding die ‘Onse Vader’ in Zoeloe gesing.”

Hy is glo daarna vrygelaat.

“Dit was seker die Here se manier om te sê ek moes nie verder ry nie,” sê Dozi.

“Ek het ’n paar baie interessante ouens in die selle ontmoet en kan glad nie kla oor die behandeling wat ek by die polisie gekry het nie. Hulle doen ongelooflike werk en ek sal hulle altyd ondersteun.”

Advertenties

Een gedachte over “Ken jou tale

  1. Even een reactie vanuit Kaapstad… Gisteravond barstte de feestvreugde uit hier in alle hevigheid uit. Ook vanochtend in de kerkdienst werd er nog aandacht aangegeven… maar dat alles in het licht van de eeuwige victorie.
    (Hele mooie dienst) en bijzonder om een feestvierend Zuid Afrika mee te maken!!

    groet,
    Janneke

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s