Tour de Tshwane

Vijf jaar geleden is het al weer dat ze bij ons kwam logeren. Jannet Oosterveld, voorlichter van de zending in Zuid-Afrika. In februari 2010 heeft ze samen met Margreet Kremer een tijdje bij ons in Môregloed doorgebracht.

3b7a8395651

Opnieuw zijn de dames in Pretoria. Dit keer samen met de mannen. Onder andere ds. Tiemen Dijkema en Klaas Groothuis.

Lees hun verslag en kijk de foto’s hier. De kerkdienst met ds. Piet Magagula in Soshanguve F4. Over klapkussentjes en stenen. De ontmoeting met het Mission Team en met Busi Msibi uit de kerk van CC – haar kinderen Sihle en Ntando heb ik gedoopt!

 

01d5786b7b2

Of lees hier over Mukhanyo, waar onze dominees opgeleid worden – wat doet Piet Houtman daar nou? Via Jopie, John en Nellie komen ze bij Living Hope uit. Mooi verslag. Mooie foto’s.

88ada8f3531

Op zondag zijn Margreet en Jannet opnieuw bij de Boersma’s. Je ziet meer werkers en werksters inde zending. Kippenvel en heimwee …

p1060888

Net zoals in 2010 is de delegatie eerst in de Kaap geweest. Ze vertellen over de kerkenraad van Belhar met ds. Peter en sr. Karen Abrahams. Over de sopkombuis. En over de diakonale gemeente van Wesbank met ds. Carl van Wyk.

Mooie ontmoetingen met mooie mensen!

p1060902

Die woord van God groei vanself

Ouwe koek kan heel smakelijk zijn …
En preek uit 1991 wordt zomaar actueel in 2015.

Boeren in Bergen

Wie had gedacht dat een preek uit 1991 zo actueel kon zijn?
Bij m’n eerste afscheid als zendeling van Pretoria heb ik m’n hart uitgestort en mijzelf en de zendende kerk opnieuw verbonden aan de opdracht van de Heer. Dat was nodig, vond ik toen.
De opdracht voor de kerk van 2015 is niet veranderd. De uitvoering en de werkwijze evenmin.
In m’n vorige post overkerkenraden en voorgangers grijp ik als vanzelf terug op toen. Laat ik dus de hele preek nog eens delen.

de bijbel ligt open bij Marcus 4 vers 26-29

kaart-57-tOnlangs het ek gepraat met iemand wat gehoor het ek gaan terug Holland toe. Dié persoon vra my toe: “En was jou werk in Suid-Afrika suksesvol gewees?”

U sal verstaan dat dit nie ’n Gereformeerde persoon was nie. Ons praat liewer in terme van seën as van sukses. Maar tog: dieselfde vraag hou ons almal besig.

View original post 3.156 woorden meer

Pontifex Maximus

‘Die Heilige Gees as brugbouer’

deze overdenking verscheen oorspronkelijk

als artikel in het maandblad Kompas

de titel ontleen ik aan dr. Jan Veenhof

1.

’n Mens is geen eiland nie.

Ken u daardie uitspraak?

Dit kom van John Donne, wat van 1572 tot 1631 geleef het. Hy het sy uitspraak natuurlik in Engels gedoen: No man is an island.

’n Mens is geen eiland nie.

Alles hang met alles saam. Ek kan my lewe nooit los sien van ’n ander s’n. Wat met jou gebeur, raak my ook. En dit wedersyds.

’n Mens is geen eiland nie.

Uitgaande van dié woorde is heel wat gedigte en liedjies geskryf. ’n Beroemde fliek gemaak.

Blykbaar herken mense dit:

No man is an island;

No man stands alone.

Each man’s joy is a joy to me;

Each man’s grief is my own.

John-Donne-after-miniature-by-Isaac-Oliver-ca-1616

Dit lyk soos wat die Bybel sê. Oor die kerk as ’n liggaam. As een lid ly, ly al die lede saam; maar as een lid geëer word, is al die lede saam bly (1 Korintiërs 12:26).

Mens staan nooit alleen nie. Jy is altyd met ander mense verbonde. No man is an island.

2.

Each man is an island.

Dis nie wat die Bybel sê nie. Dis wat die praktyk wys.

Jy is saam in die bed. Man en vrou. Daar is niemand wat so naby aan jou kom as die een met wie jy getroud is nie. Hulle word een, sê die Bybel (Genesis 2:24).

Maar partykeer is jy nêrens meer eensaam as juis daar nie. Dis moeilik om mekaar as getroudes reg te doen. Luister na mekaar. Kommunikeer.

Daar lê jy saam. Naby aan mekaar. En tog oneindig ver weg. Elke mens is ’n eiland.

Ons sien dit elke dag bevestig. Vervreemding was daar in Suid-Afrika se verlede. Vandag spel ons dit as xenofobiese aanvalle en wit of swart rassisme.

Maar kyk nie net na groot dinge nie. Jy kan dit raaksien in klein dinge. In jouself of in jou omgewing.

Jy sit in die wagkamer. By ’n dokter of by ‘n owerheidskantoor. Almal wag vir hulle beurt. Elkeen met sy selfoon. Almal gekonsentreer op dié ding. Om maar nie met mekaar te hoef gesels nie.

In ’n wêreld van e-posse en sms-e is ons meer eensaam as ooit tevore.

En dikwels kies jy self daarvoor.

’n Mens is geen eiland nie, sê John Donne.

Maar ek onthou ook Paul Simon se song: I am a Rock, I am an Island.

Jy het mure rondom jou gebou. Jy hou vriendskappe buitekant. Niemand traak jou. Jy kom naby geen ander mens nie.

A rock feels no pain. ’n Eiland hoef nooit te huil nie. I am an island.

En is dit net buitekant die kerk? Ons hoef nie te doen asof ons beter is as ander mense nie.

Ons deel ons geloof met mense in evangelisasie en sending. Maar ook binne die span wat sending en evangelisasie doen is daar spanninge.

Ons moedig mense aan om hulle by ons kerk te voeg. Maar daar is ook broers en susters wat dié einste kerk verlaat oor hulle ontevrede is.

Jy sit in die kerk. Saam loof jy die Here.

Jy gebruik die nagmaal. Saam vier jy Christus se kruisdood.

Maar ook in die kerk kan mens vreeslik eensaam voel. Niemand wat jou groet of aanspreek nie. Geen mens wat jou raaksien nie. Wat weet jy nou regtig van mekaar? Ons bly vreemdes. Elke mens is ’n eiland.

’n Mens is geen eiland nie, sê die Bybel.

Elke mens is ’n eiland, sê die praktyk.

En dis nie soos God dit wou hê nie. Uit een mens – leer die Bybel (Handelinge 17:26v) – het hy al die nasies gemaak. Uit een indiwidu het hy die hele mensheid laat kom. Jood of Griek. Slaaf of vry. Om hom te dien en om mekaar lief te hê.

Onthou jy nog hoe goed was dit in die paradys?

Adam en Eva.

Nie vol van hulleself nie maar vol van God. Tot sy eer geskep. En dus ook gelukkig met mekaar. Saam op een ding gerig – op die een God.

Adam sing ‘n lied toe God Eva by hom bring (Genesis 2:22v). Saam het hulle aan die werk gespring vir die Here. Dit is nie goed dat ‘n mens alleen bly nie. Heerlik as jy iemand mag ontvang wat jou kan help, jou gelyke (2:18).

No-Man-Is-An-Island

Dit is wat God wil.

Dit is hoe hy dit gemaak het.

’n Mens is geen eiland nie.

Die ander is geen bedreiging nie. Nie jou konkurrent nie maar jou komplement. Om jou aan te vul, nie om jou aan te val nie. Niks mooiers as om saam in God se diens te staan nie.

Dit geld binne die huwelik. Een vlees.

Dit geld binne die kerk. Een liggaam.

Dit geld in die samelewing. Jy benodig mekaar.

Dit is hoe die Heer ons as mense gemaak het.

De eenvoud van de tweevoud, om Stef Bos aan te haal.

4.

Eensaamheid begin daarom altyd by God.

Toe Adam en Eva hulle van God afkeer – ja, toe begin hulle ook vir mekaar verwyte maak. Toe sing Adam nie meer ‘n Love Song oor sy Eva nie. Toe blameer hy vir haar: “Die vrou wat U my gegee het … sy het my verlei!“ (Genesis 3:12).

Sonder God raak mense egoïsties. Kain versus Abel: “Moet ek dan my broer oppas?” Ek het niks met jou uit te waai nie (4:9)!

As jy self in die middelpunt staan … Ja, dan kan jy ’n ander nie naby jou laat kom nie. Want as hy die aandag kry, gaan dit ten koste van my. G’n komplement nie maar ’n konkurrent.

Wie op ’n eiland bly, het niks met ’n ander uit te waai nie. I’m the boss! So gou as ‘n mens dit sê – en dus the Big Boss daarbo uit die oog verloor (Genesis 3:5) – beteken dit die einde van saamleef met jou medemense.

Dis hoe huwelike stukkend breek. Aan die einde van die dag kry ek dit nie reg om my vrou regtig haar lewensruimte te gun nie. Ek is veels te vol van myself.

Ek is nie lus om na die ander te kyk en te luister nie. Ja, partykeer soos dit my pas. Maar meeste van die tyd glad nie. Stel jou voor ek kom self nie tot my reg nie.

Deesdae is daar veel aandag vir die indiwidu. Selfbeeldontwikkeling en selfverwesenliking. Jy mag daar wees. En dit is waar. Wit of swart, jy mag daar wees. Gay of straight, jy mag jou plek volstaan. Vroue en mans het gelyke regte.

Maar as jy God uit die oog verloor … Hy wat jou gemaak het. Hy wat aan jou lewe sin en waarde en ‘n doel gee. – Ja, dan bly net jyself oor. Dan word dit ‘n ongesonde indiwidualisme. Die mens sentraal. Sonder ‘n medemens. En sonder God.

islands-no-water

Selfs binnekant die kerk … Daar sou ons tog van beter moet weet. Want daar ken ons vir God. Daar noem ons sy naam. Daar sing ons sy lof.

Maar teorie en praktyk gaan nie altyd gelyk op nie. Is jou lewig regtig vol van die Here? Dit is nie altyd so nie. Is jy werklik in alles op hom gefokus? En dus op jou medemens?

Eensaamheid begin by God.

Waar mense onder God se wet vandaan wil kruip, daar breek alles stukkend. Ook die saamleef met jou medemense word deur die sonde verniel.

’n Mens is geen eiland nie, sê die Heer.

Elke mens is ’n eiland, sonder die Heer.

Wie kan hierdie eensaamheid deurbreek?

Al sou ek dit wou doen, wanhopig partykeer … Ek kan mos nie op die water loop nie … En dus bly ek sit waar ek sit.

5.

Jesus loop op die water.

Jesus se leerlinge klim in die skip. Hy bly agter op die land om te bid.

Toe dit aand word, kom daar ‘n storm. En die Heer kom na sy vriende toe. Hulle sien hoe kom hy oor die see aangeloop. Hulle het groot geskrik en hard begin skreeu. “Dis ‘n spook!” Maar dis hy.

Jesus loop op die water. Ons as mense sê dis onmoontlik. Maar hy doen dit. En met sy hulp kan selfs Petrus op die water loop (Matteus 14:22-33, sien 19:26).

Jesus is die seun van God!

Wie kan die eensaamheid deurbreek?

Jesus het gekom om te red wat verlore is. Ook jou lewe wil hy genees! Al het mense hoeveel in jou stukkend gemaak. Of al het jy self hoeveel al gebreek.

Hy bring my as mens terug by God. Ek hoef my nie in myself op te sluit nie. Ek hoef nie wanhopig myself te bewys nie. Ek mag daar wees. God hou van my soos wat ek is.

the-sacred-bridge-daiya-river-nikko-japan

Het jy dit al vir jouself mag ervaar, hoe geweldig dit is? Dat daar ‘n God is wat lief is vir jou. Terwyl hy tog die gans Andere is. G’n mens nie maar God. Heilig, noem die Bybel dit (Hosea 11:9). En tog is dit nie angstig nie. Hoe werk dit?

Omgaan met iemand anders, dis pragtig maar sommer ook scary.

‘n Mens is geen eiland nie. Dit is nie goed dat ‘n mens alleen bly nie (Genesis 2:18). Jy wil gesien word en geken en bemin word.

Maar elke mens is ‘n eiland. Die ander is so anders. Dit is bedreigend. Dus is ek altyd geneig om my af te keer en my ik-wees te bewaak.

Dis net Jesus wat dit deurbreek. Hy bring jou as mens tuis by God. Wat net lief vir jou is. Kom maar soos wat jy is.

Hy bring my as mens terug by ander mense. As ek mos waardevol in God se oë is, dan mag ek dit ook te midde van ander mense wees.

Het jy dit al vir jouself mag ervaar, hoeveel ruimte dit bied? Ek hoef myself nie soos ‘n brulpadda op te blaas nie. God is lief vir my en ook vir die ander. Elke mens is in sy oë waardevol.

Danksy Jesus is verskille nie bedreigend nie maar juis verrykend. God se veelkleurige skepping. Jode en Grieke, rykes en armes, Afrikaners en Zoeloes. Saam wys ons God se veelsydigheid.

Elke mens is ‘n eiland. Geskei en geïsoleer deur diep waters van angs en eensaamheid. Maar Jesus loop op die water. En danksy hom kan Petrus – en kan selfs ek – op die water loop. Deur die heilige Gees.

IMGA0159

6.

Die heilige Gees is die groot brugbouer.

Verstaan jy dié uitdrukking? Mense word partymaal brugbouers genoem.

Ek lees dié dag oor Dr. Nico Smith, die brugbouer tussen Suid-Afrikaanse bevolkingsgroepe. “Suid-Afrika het ’n groot brugbouer verloor,” skryf iemand by Dr. Beyers Naudé se afsterwe.

Die Pous het dit selfs as een van sy titels. Pontifex maximus, die groot brugbouer.

Maar geen mens kan die eilande verbind en die teenstellings oorbrug nie. Net Jesus kan. En hy doen dit deur sy Gees.

Die heilige Gees maak regtig ‘n ander mens van jou. Naby God. Naby mense.

Dit is waaroor Paulus skryf  in sy 1ste brief aan die gemeente in Korinte. Wat die Gees van God met mense doen binne die kerk.

Die ouens in Korinte was nogal vol van hulleself en hul eie bekwaamhede. Paulus leer hulle om op ‘n ander manier na hulleself te kyk.

Jy is ryk gemaak met gawes, in verbondenheid met Jesus (1:4vv). So baie mag jy wys van hom! Sy heilige Gees is werklik waar aan die werk met julle (12:4vv). Hoe kan dit bestaan dat die Heer so vir jou wil gebruik (1:26vv). Alle eer kom aan God toe (1:31)!

Korinte se mense het nie baie ooghare vir mekaar gehad nie. Hy is anders … dalk gaan hy my nog oorskadu. Paulus leer hulle om op ‘n ander manier na mekaar te kyk.

Is dit nie wonderlik dat daar soveel verskille in die kerk is nie (12:4vv)? Die Gees werk nie net in jou nie maar ook in ander. Om daardeur God nog meer te eer en te dien (12:12vv, 14:1vv). Aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is vir die gemeente (12:7).

Die Gees is die groot brugbouer. Wat jou as mens by Christus bring – en deur dié geloof in Christus terug by God – en daardeur ook as mens op ander mense gerig.

Dalk ken u die Nederlandse gesang: De Geest doorbreekt de grenzen die door mensen zijn gemaakt.

7.

En dit begin in die kerk. Waar ons met alle lek en gebrek God wil eer. Waar ons deur Jesus genees word. Waar die heilige Gees nuwe mense laat groei. En waar die vrugte bloei van liefde en geduld en vrede en goedhartigheid (Galasiërs 5:22).

Die kerk is die liggaam van Christus.

Dit is die geheim van die gemeente. Een liggaam. Baie lede. Maar juis deur dié verskeidenheid kan die liggaam sy werk doen. Dit kan ‘n kind reeds verstaan.

Die gemeente is Christus se liggaam. Op hom gerig. Deur hom bekragtig. Vanuit hom lewend. Dit is ‘n eenheid wat mense regtig saam verbind.

Elke mens is ‘n eiland. Selfs in jou huwelik kan jy so eensaam wees. Stoksiel alleen. Die stilte van die graf. So koud.

Maar as die Gees van God jou saam op die knieë bring, is daar nuwe warmte moontlik. Die Gees van God bring ‘n laagte vol droë bene weer tot lewe, sê die Bybel (Esegiël 37).

En as dit regtig Pinkster word in jou lewe … in hierdie wêreld … dan eers word John Donne se visioen awaar:

No man is an island;

No man stands alone.

Each man’s joy is a joy to me;

Each man’s grief is my own.

 

We need one another,

So I will defend

Each man as my brother;

Each man as my friend.

No evangelism without prayer

Even terug naar Mamelodi.
M’n eigen situatie in Bergen op Zoom – ik heb me ziek gemeld op 12 januari – dwingt me om stil te staan bij de waarde van het gebed.
Winst uit verlies!

volgdeboereninzuidafrika

This day should have been a special Sunday.  We planned an evangelism action during the week. And for today a special service focussed on our visitors.

Unfortunately nothing happened. No house-to-house visits. No guests. No tea. No special service today …

Yes, some young people volunteered to take part. Those five were willing. But not a single parent came forward to support them with prayer. Not even one or two …

That’s why we cancelled it. I don’t blame the youth. But you as parents dropped them. No evangelism without prayer.


Exodus 17 verses 8-13:

8 The Amalekites came and attacked the Israelites at Rephidim.
9  Moses said to Joshua, “Pick out some men to go and fight the Amalekites tomorrow. I will stand on top of the hill holding the stick that God told me to carry.”
10  Joshua did as Moses commanded him and went out…

View original post 1.330 woorden meer

De begrafenis van Mandela

Het was een mooi feest. En je houdt er nog wat aan over!

Boeren in Bergen

zondag 5 oktober zondag 5 oktober

Na de feestelijke dienst in De Hoeksteen in Drachten werd het jubileumboekje De begrafenis van Mandela aangeboden aan … yours truly. Zeer vereerd. Al is het wel vreemd om zo deel van de geschiedenis te zijn geworden. “Ruim 30 jaar geleden werd ik in deze kerk bevestigd als zendeling …” Hm.

Tussen de middag was er een gezellig samenzijn met andere speciale gasten. Zendingsdeputaten. PR-commissie. En niet te vergeten, uit Zuid-Afrika zelf Pieter en Jenny Boon en George Mnisi.

P1020060

Het was goed om George weer eens te horen preken. Het was fijn om hem te horen vertellen over thuis: Portia & the boys, die nu in ‘ons huis’ wonen. En over de gemeente in Nellmapius, in Mamelodi … hoe gaat ’t met die-en-die?

In de wandelgangen hoorde ik al wat over het boekje van Pieter. Geen lange en saaie geschiedenis. Pakkende verhalen, uit het…

View original post 368 woorden meer